ABOUT EXHIBITIONS ARTISTS CONTACT
JO?O FERREIRA GALLERY

    Tracy Lindner Gander: FLOUNCE

    Gespartel sinvol: Tracy Lindner Gander's Flounce
    by Wilhelm van Rensburg

    Elkeen van Tracy Gander se foto's bestaan uit twee dele: aan die linkerkant, 'n leë omgewing, en aan die regterkant, die kunstenaar-model Katherine Bull wat in verskeie kostuums in dieselfde omgewing poseer.

    Die model se piasing in die omgewing is soos die breÎ val, die sier-strook op 'n rok, op die titel van die uitstalling, Flounce. Die woord beteken egter ook spartel, struikel of strompel. En did is hierdie betekenis wat die deurslag gee.

    Wat versiering betref, word die model in 'n rooi nagrok met 'n speelgoad-tiara gefotografeer, of in 'n pienk slaapjurk met 'n knuffelbeertjie, of 'n wit trourok met 'n wapperende sluier, 'n rooi lyfkous met 'n swart valhelm, 'n blou partytjiekoek in die hand, ensovoorts.

    Wat aparteling betref, gaan Gander se foto's gebuk onder deiselfde lot as fotografie as kunsvorm deesdae.

    Lank reeds verby is die dokumentere aard van fotografie wat as kuns ontgin is in byvoorbeeld Dorothea Lange se Depressiefoto's. Ook is daar deesdae min sprake van die sogenaamde atmosferiese en skilderkunstige foto's van Alfred Stieglitz en Walker Evans.

    Fotografie se rol in die kuns word vandag gekompromiteer: Dit is lankal nie meer die avant garde se gunstelingvorm van uitdrukking nie. Digitale manipulering van beelde het die plek ingeneem wat fotografie 'n paar jaar gelede gehad het.

    En die verskuiwing word betreur deur kunstenaars wat terughunker na wat hulle noem die antikwariese avant garde van fotografie, die alchemie wat, volgens hulle, net deur ou prosesse in die donkerkamer weer opgeroep kan word.

    Gander se foto's val in 'n ander klas - dié van die skynbaar amateuragtige kiekies wat so ongemaklik tussen foto-dokumentasie en kunsfotografie sit. Soos diÚ van 'n Nan Goldin of 'n Reineke Dijkstra wat familie en vriende in natuurlike en intieme tonele afneem.

    Al Gander so foto's is noukeurig opgestel, desnieteenstaande die ongekunstelde aard daarvan. Hulle is vroegoggend geneem wanneer almal nog slaap en wanneer die model se teenwoordigheid in 'n bepaalde omgewing baie anndag behoort te trek.

    Hulle is almal opgestel in vergete omgewings soos 'n leivoor, 'n verlate hoekerf, 'n leë parkeergarage, die veld buite 'n geestesinrigting, 'n onvoltooide snelorgang, 'n skrootwerf ensovoorts.

    Gander se kuns lê in die onverwagse element van die model se onverklaarbare, selfs enigmatiese teenwoordigheid in die toneel, en die ewe vreemde houdings wat sy inneem.

    Ná al die oënskynlike gespartel, gestruikel en gestrompel, staan sy haar man. Dis nou nie net Katherine Bull in die foto's nie, maar ook Tracy Gander in die fotografie van vandag.

    Die Beeld, 14 August 2020

ARTISTARTIST

    Old Farm Rd, Rhondebosch , 2002, Colour photographs mounted on wood, 140 X 49.5cm
    Kloof Neck, Camps Bay (detail), 2002, Colour photographs mounted on wood, 140 X 49.5cm
    Joostenberg Vlakte, 2002, Colour photographs mounted on wood, 140 X 49.5cm
    Installation view, PhotoZA, Johannesburg, 2003

PREVIOUS EXHIBITIONSback to PREVIOUS EXHIBITIONS list